Afrikaanse Artikels
Terug na Forum vir GLO
Tradisie of Inspirasie
Christen - uitverkiesing
Twee soldate
Kontraste
Erfenis
Die Groot Uitnodiging
Verlore seun
Is die Bybel waar?
Gevaarlike Glybaan
Selfverloëning
Hemel en Aarde
Koninkryk naby
Jesus vir vandag
Voor-verdrukking

  Is die wegraping vóór, of in die middel van die verdrukking?

Deur David Malan


Ons leef in die elfde uur en ons ontmoeting met die Here is voor die deur. Gelukkig stem fundamentele kinders van die Here oor hierdie saak saam. Presies waar die wegraping in die program van eindgebeurtenisse inpas, is egter nie vir almal ewe duidelik nie. Veral wanneer mense hulleself verbind het tot ‘n datum vir die wegraping en dit dan nie gebeur nie, is hulle baie geneig om te sê dat die groot verdrukking in elk geval dan begin, maar dat hulle net ‘n fout gemaak het deur te dink dat die wegraping vóór die verdrukking sal wees.

Met die dramatiese politieke verskuiwinge en woelinge wat nou in die wêreld aan die gang is, moet ons veral op dié siening bedag wees. Mense sal nou weer allerhande politieke figure as die Antichris aanwys en uitstaande gebeurtenisse in die wêreld wil verbind met die plae van die groot verdrukking. Die nommer op die hand en op die voorkop is nog ‘n saak wat baie mense kwel en wat hulle nou enige dag verwag.

Óns fundamentele, Bybelse oortuiging is egter dat die lede van die liggaam van Christus nie deur die verdrukking sal gaan nie en beslis ook nie deur die eerste helfte daarvan nie. Ons sal nooit die peste van die verdrukking en die gruweldade van die Antichris aanskou nie. Ons is soos die walvisse wat op die vyfde dag geskape is en hulle lewenslug van bo af kry (5 is ook die Bybelse getal van genade). Op geen wyse berei ons ons voor om ‘n bestaanstryd of ‘n oorlewingstryd teen die Antichris hier op aarde te voer nie. Ons is gesante (ambassadeurs - II Kor. 5:20) van die hemel en soos dit die geval is met alle ambassadeurs, sal ons teruggeroep word op die oomblik wanneer die donker wolke van die aarde se swartste uur besig is om saam te pak.

Waarom is dit vir ons so belangrik om sonder kompromie vas te hou aan die feit van ons hemelse bestemming vóór die verdrukking? Eenvoudig omdat die Antichris die mens van sonde is, die draer van die getal seshonderd ses en sestig. Die mens is op die sesde dag geskape en toe was die vyfde dag (genade) verby. Almal wat uit die mens is (die eerste Adam - Rom. 5) is aards en vleeslik. Hulle wat deur wedergeboorte hulle Adamitiese afkoms nietig verklaar het en ‘n hemelse afkoms as toerekening ontvang het, het geen plek, funksie of bestaansmoontlikheid onder die getal 6 nie.

Invloed op ons getuienis

Ons roeping, boodskap en getuienis is hemelwaarts gerig en is sekerlik nie daarop gemik om onder die getal ses ‘n aardse lewe-en-dood-stryd teen die Antichris te voer nie. Die aanbod van genadige versoening met God deur die kruisdood van Jesus is vir vadag bedoel (II Kor. 6:2). Die groot verdrukking is tog die dag van die Here, die dag van oordeel. Genade en oordeel gaan nie saam nie en kan sekerlik nie in dieselfde tyd bedien word nie. Die dag van genade gaan verby en die dag van God se toorn is op hande. Dít is ons boodskap.

Hulle wat nog nie ons boodskap verstaan nie, sal ook nie verstaan waarom ons nie in die oordeel kan kom nie. Hulle wat van die verlossingsevangelie iets maak wat deur ‘n aardse mens met sy goeie dade geskep word, sal ook geen probleem hê om onder die getal ses te leef en te bestaan nie. Maar ons is nie meer mense nie. Ons lyk soos mense en praat en eet soos mense, maar ons is lede van Christus. Wanneer die mens onder die getal ses sy bestemming op aarde bereik, sal ons wat van ons aardse geboorte losgemaak is, nie meer hier wees nie. Die mens van sonde kan alleen geopenbaar word wanneer hy wat nou teëhou (die liggaam van Christus op aarde) uit die weg geruim is (II Thes. 2:7).

As dit dan waar is, is dit mos ‘n wonderlike boodskap. Waarom preek die predikante dan nie elke Sondag daaroor nie? Verstaan asb. dat die gevestigde aardse kerk reeds onder die getal ses staan. Hulle hou hulle besig met aardse programme van opheffing en menseregte. Hulle beding skikkings tussen die Vryheidsalliansie en die ANC. Voorheen was hulle die verdedigers van apartheid en nou is hulle die verdedigers van aardse versoening. Hulle is onherroeplik gebonde aan die getal ses en dit is heeltemal te veel gevra om nou van hulle te verwag om iets te verstaan van ‘n roeping, dimensie en bestaanswyse waarin hulle nie deel nie. Let op: ek oordeel nou nie oor individuele lede van sulke kerke nie. Daar is sekerlik van hulle lede wat hulle van die mens en die aarde losgemaak het, maar hulle kerklike organisasies sal seker en gewis deel wees van die domein van die slang in die donker uur wat nou binnekort oor die aarde gaan toesak.

Vra u my nou nog waarom dit vir my so belangrik is dat die wegraping vóór die verdrukking sal plaasvind en nie in die middel of aan die einde nie? Die verdrukking is nie deel van hierdie dag van genade waarin ons nou leef nie en ons sal totaal van ons boodskap moet afsien as ons mense wil voorberei om die Antichris te ontmoet.

Nie bestem vir die toorn nie


In meegaande Bybelstudie oor Hebr. 6 sal u sien dat oordeel een van die leerstukke is wat nie vir Christene vandag bedoel is nie. Aan die kruis het God ‘n oordeel oor sy Seun voltrek sodat dié wat in Hom glo vir ewig nie weer in die oordeel kan kom nie (Joh. 5:24, Rom. 5:9, I Thes. 5:9). Diegene wat die wegraping in die middel van die verdrukking plaas, sê natuurlik dat die eerste helfte van die verdrukking geen oordele van God bevat nie. Hierdie siening is misplaas, want ons sien in Open. 6, waar die eerste ses seëls oopgemaak word, hoe omvangryk hierdie oordele in werklikheid sal wees. In vers 15 en 16 word beskryf hoe mense van alle klasse in die spelonke en die rotse van die berge sal wegkruip om hulle te probeer verberg “van Hom wat op die troon sit en van die toorn van die Lam”.

Openbaring 6 bevat dus beslis direkte oordeel van God en dit is nog net die seëls van die boek wat verbreek word; dit is dus die oordele van die eerste helfte van die verdrukking. In die profetiese rede in die eerste drie Evangelies word presies dieselfde oordele as dié van Openbaring 6 genoem en nogal ook in dieselfde volgorde. Eers daarná lees ons van die Antichris wat die tempel gaan beset en voorgee dat hy God is. Hierdie gebeurtenis word reeds in Dan. 9:27 aangegee as iets wat in die helfte van die verdrukking gaan plaasvind.

Ons weet dus bo alle twyfel dat Open. 6 se oordele vóór die middel van die verdrukking plaasvind en ons weet ewe seker dat dit oordele van God is. Ons weet ook, op grond van genoemde verse dat ons nie in die oordeel of toorn van God kom nie; daarom moet die wegraping beslis voor die verdrukking plaasvind.

Tekens en profesieë

Hoe gaan die verdrukking begin? Sal die mense op die aarde presies die dag en datum kan weet wanneer dit begin? Ja, sekerlik. Dan. 9, Open. 6 en II Thes. 2 noem die duidelike en onmiskenbare teken wat die begin van die verdrukking sal aandui, nl. die openbaring van die Antichris. Dan. 9 praat van ‘n sterk verbond wat hy met Israel en die nasies sal sluit wat godsdiensvryheid vir Israel sal waarborg. Open. 6 praat van ‘n ruiter op ‘n wit perd wat vrede bring en II Thes. 2 praat van ‘n besliste persoon, die Antichris, wat as leier van die verborge ongeregtigheid aan die mense voorgestel moet word. In al drie gevalle praat ons van ‘n onmiskenbare gebeurtenis waarvan die dag en datum vir almal bekend sal wees.

Vanaf daardie dag sal mens kan aftel, presies drie en ‘n half jaar na die middel van die verdrukking of sewe jaar na die einde daarvan wanneer die wederkoms ook sal plaasvind. Dié wat dus glo dat die wegraping eers in die middel of aan die einde van die verdrukking gaan plaasvind, glo nie in die uiters belangrike Bybelse konsep dat die wegraping enige dag kan plaasvind nie. Hulle wag vir die Antichris en daarna sal hulle, volgens hulle siening, presies kan sê watter dag die wegraping sal plaasvind. Die heerlike en noodsaaklike verwagting van enige dag is by hulle totaal afwesig.

Wat meer is, hulle misken die herhaaldelik geopenbaarde waarheid dat die huidige bedeling van genade ‘n verborgen-heid is wat nooit voorheen aan enige profeet openbaar is nie (Rom. 16:25, Ef. 3:1-10, Kol.1:25-29). Ja, vriende, glo dit maar, want die Woord sê so: Niks, maar niks wat in die huidige bedeling plaasvind, is deur ‘n profeet of apostel voorspel nie. Profesieë van die Antichris is volop, maar dit is gerig op ‘n tyd buite die bedeling van genade. Om dié rede sê ons dus dat die begin van die sewe jaar van verdrukking, nl. die openbaring van die Antichris, sal plaasvind ná die afhandeling van die huidige bedeling.

Die tye en geleenthede


Sterk in aansluiting by die vorige punt, wil ek ook u aandag vestig op die tye en geleenthede soos dit vanaf I Thes. 5:1 aangebied word. “Die dag van die Here”, wat die profete se benaming is vir die verdrukking, word hier met die tye en geleenthede in verband gebring. Die wegraping was beslis ‘n nuwe waarheid wat Paulus aan die mense meegedeel het, ‘n verborgenheid (1 Kor. 15:51), maar “die tye en geleenthede” was vir die mense niks nuuts nie (I Thes. 5:1); die profete praat oorvloedig daarvan. Let op dat die hele sewe jaar van verdrukking deel van die tye en geleenthede is, want dit is volgens Dan. 9 die beslissende jaarweek waarin God met Israel sal werk om ‘n ewige verlossing vir hulle te bewerkstellig.

As dit dan so is, het die mense wat ‘n wegraping in die middel van die verdrukking of aan die einde plaas, ‘n groot probleem in I Thes. 5. Dit staan tog hier duidelik dat “die tye en geleenthede” met ‘n maar ingelui word. Hy het sopas van die wegraping gepraat en sê dan maar, in kontras met die vooruitsig van die wegraping, gaan die tye en geleenthede dan begin. Die dag van die Here gaan soos ‘n dief toesak op dié wat in duisternis leef. Let ook op dat die geopenbaarde tye en geleenthede met hulle te doen het: dié wat in duisternis is, terwyl die wegraping beskryf is met die woord ons, dié wat van die lig is.

Hierdie verse in Thessalonicense maak dit absoluut onmoont-lik dat ‘n geredde kind van die Here in enige deel van die sewe jaar van verdrukking gevind sal word, want dit is vir “hulle” en dit is een van die bekendste geopenbaarde tye en geleenthede van God.

Die 144 000 Jode

Volgens die posisie van Open. 7 in die boek, is dit duidelik dat die 144 000 Jode reeds in die eerste helfte van die verdrukking verseël sal word vir hulle besondere bediening. Dit sal wees nog lank voor die Antichris teen die middel van die 7 jaar met sy afgryslike skrikbewind sal begin, soos beskryf in Open. 13.

Hieroor hoef ons nie veel meer te sê nie. Paulus se briewe lê oorvloedig getuienis af dat daar gedurende die huidige bedeling hoegenaamd geen onderskeid is tussen Jood en heiden nie. Daar bestaan geen middelmuur van skeiding meer nie. In die eerste helfte van die verdrukking egter, sal dit nie meer so wees nie. God werk eksklusief en totaal onderskei-dend met Israel. Dit staan tog al reeds duidelik in Dan. 9:24 -”oor jou volk”. Daar is net een aanvaarbare verklaring vir Open. 7 en dit is dat die bedeling van die kerk dan reeds verbygegaan het. Die wegraping het plaasgevind.

Die groot kerke verkondig natuurlik dat die 144 000 eintlik die kerk is. Ons wil nie eers aan so ‘n verklaring aandag gee nie. Ons verklaar die Bybel letterlik en glo wat daar staan. As daar staan “Israel” is dit Israel. Ek stel nie in die minste belang in die reg wat predikante het om dinge in die Bybel direk te verdraai en verander nie.

Die doel van die verdrukking

Openbaring 3:10 stel hierdie doel baie pertinent, nl. “om die bewoners van die aarde op die proef te stel”. Hierdie uitspraak moet ons dringend van naderby beskou. Die Griekse woord katoikeo word weergegee met bewoners. Die gewone woord vir bewoon is oikeo, maar die veel sterker vorm word hier gebruik. Die gedagte wat na vore kom, is dat ons hier met aardbewoners te doen het, mense wat die aarde hulle tuiste gemaak het. ‘n Christen kan nooit katoikeo hier op aarde nie. Ons is vreemdelinge en verbygangers en is nie deel van die mense wat in dié tyd getoets en beproef moet word nie.

Die tweede woord waarvan ons moet kennis neem, is peirasai. Hierdie mense gaan getoets en beproef word. Aangesien ons Hemelse Vader ons alleen aansien in en deur die volmaakte werk van Jesus Christus, kan hierdie toetsing of beproewing geen heenwysing na die kerk wees nie. Die waarheid is dat die kerk reeds voor die verdrukking volmaak in Christus voorgestel gaan word en dat die doel van die verdrukking, soos uitgedruk in Open. 3:10 op geen wyse op die kerk betrekking kan hê nie.

Die tweede groot doel van Daniël se sewentigste week (die sewejarige verdrukking), word in Mal. 4:5,6 aangegee. Elia sou gestuur word, voor die groot en verskriklike dag van die Here, om die Israeliete tot bekering te lei en voor te berei op die koms van die Koning. Volgens Luk.1:17, Markus 9:12,13 en Matt. 11:14 was Johannes die Doper bestem om Elia se rol te vervul. Die Messias was komende, maar die volk het nie geglo nie en het Hom verwerp. In plaas van die koninkryk, het die groot verrassing, die verborge bedeling van genade toe aangebreek.

Maar sover dit die bediening van Elia, Johannes die Doper, die groot en verskriklike dag van die Here en die voorbereiding van die koninkryk aangaan, dié dinge het niks met die kerk van die huidige bedeling te make nie. Die kerk is vlekloos gewas in die bloed van Christus en word nie tot bekering en geloof opgeroep in die groot en verskriklike dag van die Here nie. In elk geval word die kerk ook hoegenaamd nie voorberei vir die aardse koninkryk nie, maar vir die hemel.

Maleági se doel vir die verdrukking het dus suiwer te doen met Israel en hulle verwagting en is nie vir die kerk bedoel nie. ‘n Wegraping in die middel van, of aan die einde van die verdrukking is dus totaal onmoontlik.

Die wese van die kerk

In die teologie is daar verskillende leerstukke, soos die soteriologie (verlossingsleer), eskatologie (die toekomstige dinge), ekklesiologie (leer van die kerk), en nog ander. Die vraagstuk van die wegraping word deur baie gesien as ‘n eska-tologiese aangeleentheid. Die waarheid is egter dat mense nie die wegraping reg kan verstaan nie omdat hulle ‘n uiters gebrekkige begrip het van die wese van die kerk. Ons sien die wegraping dus primêr as ‘n ekklesiologiese saak. Verstaan die wese, oorsprong en bestemming van die kerk en u sal sekerlik ook die wegraping verstaan. Soos die verdrukking en die koninkryk aan Israel belowe is, is die wegraping eksklusief aan die kerk beloof en nooit aan Israel nie.

Selfs ‘n persoon soos Dwight Pentecost (“Things to come”) wat na my mening nog nie die historiese onderskeid tussen Israel en die kerk duidelik genoeg raaksien nie, sê die volgende (waarmee ek my ten volle vereenselwig): “The rapture will remove, not all who make a profession of faith in Christ, but only those who have been born again and have received His life. The unbelieving portion of the visible church, together with unbelievers in the nation of Israel, will go into the tribulation period.

“Since the church is the body, of which Christ is the Head (Ef. 1:22; 5:23; Kol. 1:18), the bride of which He is the Bridegroom (I Kor. 11:12; Ef. 5:23), the object of His love (Ef. 5:25), the branch of which He is the Root and Stem (Joh. 5:15), the building of which He is the Foundation and Cornerstone (I Kor. 3:9; Ef.2:19-22), there exists between the believer and the Lord a union and a unity. The believer is no longer separated from Him, but brought in to the closest oneness with Him. If the church is in the seventieth week (tribulation), she is subjected to the wrath, judgment and indignation which characterizes the period, and because of Her oneness with Christ, He, likewise, would be subjected to that same visitation. This is impossible according to I John 4:17, for He can not be brought into judgment again. Inasmuch as the church has been perfected and delivered from all judgment (Rom. 8:1; Joh. 5:24; I Joh. 4:17), if she is subjected to judgment again the promises of God would be of none effect and the death of Christ would be ineffectual. Who would dare to assert that the death of Christ could fail to accomplish its purpose? While the members may be experimentally imperfect and need experimental cleansing, yet the church, which is His body, has a perfect standing in Christ and could not need such cleansing. The nature of the testing in the seventieth week, as stated in Revelation 3:10, is not to bring the individual to cleansing, but to reveal the degradation and need of the unregenerate heart. The nature of the church prevents such a testing.

“Closely related to the previous consideration, is the concept given to us in the New Testament that the church is a mystery. It was no mystery that God was going to provide salvation to the Jews, nor that Gentiles would be blessed in salvation. The fact that God was to form Jews and Gentiles alike into one body was never revealed in the Old Testament and forms the mystery of which Paul speaks in Ephesians 3:1-7; Romans 16:25-27; Colossians 1:26-29. This whole mystery program was not revealed until after the rejection of Christ by Israel ... It was after the final rejection by Israel that God called out Paul to be the Apostle of the Gentiles through whom the mystery of the nature of the church is revealed. The church is manifestly an interruption of God’s program for Israel, which was not brought into being until Israel’s rejection of the offer of the kingdom. It must logically follow that this mystery program must itself be brought to a conclusion before God can resume His dealing with the nation of Israel, as has been shown previously He will do. The mystery program which was so distinct in its inception, will certainly be separate at its conclusion. This program must be concluded before God resumes and culminates His program for Israel. This mysrery program of God makes a pretribulation rapture a necessity.” [beklemtoning deur my bygevoeg - red.]

In ‘n neutedop verdedig Pentecost dus hier een van die groot waarhede waarvoor die Wapenrusting ook staan: Die kerk is ‘n verborgenheid, iets waarvan daar niks in die profetiese of enige Israelitiese deel van die Bybel gelees kan word nie. Die sewe jaar van verdrukking daarenteen, word profeties aan Israel voorgehou terwyl die kerk geen sodanige vooruitsig het nie. Die wegraping moet dus reeds voor die verdrukking plaasvind.

Loof die Here dat ons toekomsverwagting geen plek het vir ‘n Antichris met peste en oordele nie, maar dat ons nou reeds, dag vir dag, ons verwagting hemelwaarts wend vanwaar ons Hoop in ‘n oomblik, in ‘n oogwenk sal verskyn.





|Afrikaanse Artikels| |Terug na Forum vir GLO| |Tradisie of Inspirasie| |Christen - uitverkiesing| |Twee soldate| |Kontraste| |Erfenis| |Die Groot Uitnodiging| |Verlore seun| |Is die Bybel waar?| |Gevaarlike Glybaan| |Selfverloëning| |Hemel en Aarde| |Koninkryk naby| |Jesus vir vandag| |Voor-verdrukking|